Blog

“Die Siel van die Seemeeu”. 

Zoals dit eiland van de meeuwen

Zoals dit eiland van de meeuwen
is en de meeuwen van hun krijsen
en hun krijsen van de wind
en de wind van niemand,

zo is dit eiland van de meeuwen
en de meeuwen van hun krijsen
en hun krijsen van de wind
en de wind van niemand.

~Herman de Coninck

Sy stap langs die see af. Die Seepunt-promenade lê uitgestrek, gespikkel met ‘n paar siele, warm aangetrek teen die winterweer. Dis die naweek na die storm. Sekere areas is nog afgebaken. Die oranje waarskuwings versperrings linte wapper in die wind. Die seemeeue loop soekend op die oorvol verspoelde strande rond. Die bamboes lê in hope. Tussen hulle is allerhande versteekte skatte.

Die branders breek teen die promenade muur en sproei dan als nat. Twee tannies sit op ‘n bankie en gil elke keer as die sproei dreig om hulle nat te maak. Dapper stappers met kinders en brakke stap ewe ywerig en doelgerig by haar verby. Daar is selfs ‘n paar fietsryers wat verby blits op hulle gehuurde fietse, hul klokkies wat dien as waarskuwing vir voetgangers om uit die pad te kom.

Met die stappery en dagdromery raak sy bewus dat sy haar warm gestap het. Sy trek haar verebaadjie uit en bind dit om haar middel. Haar fladderende serp is die enigste teken van kleur in haar uitrusting. ‘n Waatlemoenpienk. Die res is donkerblouerig en gryserig, soos die see en die lug. Dit lyk asof dit enige oomblik weer kan begin reën. Die waterplasse van die vorige storm lê nog daar, die son te swak om die aarde droog te bak.

Die Seepunt-swembaddens is verlate. Dis gans te koud om te swem. Daar is een of twee brawe siele wat waag om roomys te eet. Selfs sy, wat roomys as koningskos beskou, ril van koue as sy hulle aanskou. Sy begeer net ‘n warm sjokolade. Sy begin weer terugstap.

Die seemeeue skarrel van bamboeshoop na bamboeshoop, op soek na kos. Sy wens sy het haar kamera byderhand gehad. Die wese van die voëls kan nou vasgevang word. “Die Siel van die Seemeeu”.

Hoe moet dit wees om ‘n seemeeu te wees? Is jy vry of behoort jy slegs aan jou krys? Is jy vry om te reis waar jou hart begeer of word jou roete deur die wind bepaal? Is die enigste ding wat werklik vry is die wind? Sy wonder soos wat die wind deur haar siel waai, haar gedagtes deurspoel en haar begeertes deurmekaar waai.

Kortstorie #1

Dis laatmiddag in Mei.
Hulle ry terug van aankope. Die son se strale breek hier en daar oor Tafelberg en vertoon die herfsblare as deursigtig.

Die kattebak is vol met 13 pakke boerewors, hoenderborsies, maalvleis, stapels en groente.
Sy dink dit behoort genoeg te wees om die veertig te voed wat op die kamp kom. Gelukkig is dit ‘n kerkkamp, so as die kos te min is kan hulle altyd ‘n tipe van georganiseerde vas doen. Ag, sy moet ophou om sulke droe grappe te maak. Mense neem haar dalk net ernstig op en dan is dit weer ongemaklike stiltes en mense wat dink hulle moet vir haar bid.

Kaapstad se verkeer is nie so druk soos gewoonlik nie. Of dalk is dit net die strale wat haar so half verblind wat maak dat sy nie agterkom hoe lank hulle ry nie. Sy was nog nooit by die Makro in Ottery gewees nie an die area is vreemd. Haar vriendin, Bea, ken dit egter want sy het hier geoefen vir haar lisensie. Sy kan net dink hoe erg dit moet wees om te leer bestuur in Kaapstad, Slaapstad. Die taxi’s wat vreesloos deur die verkeer sny. Die Gautengers wat onlangs afgetrek het en nog aggresief bestuur. Die Kapenaars wat ewe rustig voortdrentel.

Sy was gelukkig gewees. Sy het in ‘n klein dorp leer bestuur. Sy kan nou nog die roete onthou. By die hek van die verkeerspolieste uit, verby die nuwe kantoor van binnelandse sake -wat nou al amper 5 jaar oud is. Dan is dit op in langstraat -die straat wat ewe geleidelik skynser raak en alle rystudente laat stress, want die een stop voor jy in ‘n redelik besige straat indraai, moet jy ‘n handremwegtrek doen. Haar een vriendin se nerwe het dit tot hier gemaak en toe is dit net te erg, nodeloos om te se, sy moes toe weer ‘n afspraak maak. Die roete maak dan so ‘n paar draaie in die dorp, die een is die enigste verkeersirkel in die dorp.

Sy verbeel haar hoe die jong konstabel Jantjies by die munisipale kantoor was die oggend en van die planne vir die verkeersirkel gehoor het. Hoe hy in sy motor geklim het en na die stasie gery het om die goeie nuus te deel. Hoe hoofkonstabel Pieterse ‘n meeting geroep het, hoe hulle in die boardroom om die tafel gesit het met die dorpsplan voor hulle uitgestrek. Konstabel Jantjies, met ‘n swart Permanent Marker in sy hand, “Kamerade, dis hier waar hulle beplan om die sirkel in te sit”. Die oudste konstabel -almal noem hom net Jo, niemand weet eintlik wat sy regte naam is nie-, wat opstaan en die merker vat en die ou roete op die kaart aandui. En dan die gesprek wat volg oor hoe hulle die roete sal moet aanpas.

Sy wonder of sal hulle ‘n amptelike kennisgewing uitstuur vir die bestuurskole. Sy meen, hoe anders sal hulle uitvind dat die roete nou anders is? Het hulle dalk ‘n geheime agent wat in die verkeersdepartement werk, wat hulle dan op Donderdae aande, so na 11 se kant by Fiddlersgreen ontmoet? Of maak hulle dalk beurte op ‘n weeklikse basis om een van hulle studente te agtervolg? Dra hulle ‘n vermomming as hulle hierdie speurwerk doen? Het hulle ‘n ou Bantam-bakkie met ‘n donker sonbril en ‘n bruinkrulhaarpruik in? Dalk ‘n bloedrooi lipstiffie om dit meer geloofwaardig te maak?

Sy kan dit sien in haar geestesoog. Een Donderdag is die Pieter, die bestuurafrigtiger van Napier se beurt. Hy het die pruik, lipstiffie en brille op. Die kind wat vandag uitbaseer is nie sy blinkste student ooit nie. By die bultwegtrek vrek die kar keer-op-keer. Pieter probeer om non-chalantelik agter hulle te wag. Die student wys dat die Bantam kan verby, en Pieter, om nie sy identitieit te laat blyk nie besluit om verby te gaan. Nes hy verby die kar ry en die vierrigting oorsteek kan konstabel Jantjies an sy regterkant af aangery en beduie hy moet aftrek. Hier is dit nou, nou gaan almal weet. Die ander bestuursintruksteurs gaan beslis hulle deksels blaas.
Hy trek as en rol sy venster af. “Lisensie asseblief?…maar my jinne. Pieter? Is dit jy? Wat maak jy met ‘n pruik op?”

Bea roep haar terug na die werklikheid. “Kyk hoe oulik lyk hierdie plekkie”. “Oh ja, ek wil nog graag ‘n draai daar kom maak. Die vibe lyk lekker”.

Reisjoernaal #1

When I grew up I always heard my parents’ legendary stories about their epic road trips. They had photos of them driving through the empty Free state and having padkos in a desolated, tumbling down house. They talked about campfires and sleeping under the stars.
Since then I have always dreamt of having my own adventures. Recently I have reached the age of being able to drive and being responsible enough to take care of myself, so I have reached a stage where these things are now possible. I recently did a weekend trip with four friends to Buffelsbaai.
The first day we drove through to Robberg Penisula Nature Reserve for a hike. It was a beautiful South African day with blue skies and sunshine. We made the rookie mistake of going around the wrong way when we did the Witsand route. It was exquisitely beautiful but going up the large dune in the middle of our hike was the bane of my existence.
The next day we braved the Cango caves. On the drive there it was amazing to see the change in landscape as we went over the mountain. From a semi-forest, green and lush environment to a barren and semi-arid expanse of hills. Suddenly we found ourselves surrounded by ostrich farms and little oases along thin branches of fanning rivers.
At the caves we opted for the adventure tour. This required us to leopard crawl, squeeze through a tunnel of love (so-called because it hugs you from almost all sides), climb up a small, steep tunnel, question our sanity and understanding of the human condition and admire very old, intricate mineral formations.
The day thereafter we went for a hike and swim in the Knysna forest. Having read various books by Dalene Matthee I could envision the woodcutters trekking along the narrow riverbeds, hauling wood with their oxen, always watching out for the forest elephants. Our hike took us to some rock pools in the river where we had a quick and refreshing swim. The rock pool in which we swam was at the bottom of a series of mini-waterfalls and rapids. We decided to explore a bit further and at the top of the chain was a large and magnificent waterfall. We climbed up to the slippery rock and just stood under the cascading water, taking in the forest in awed silence.
Being back in the real world, the whole trip seems quite far away but it was definitely a trip that I won’t forget.

 

Weskusdrome

Ek is mal oor die Weskus. Die pure gedagte daarvan maak my nostalgies vir iets wat ek nie rerig eerstehands ken nie.
Die hoeveelheid kere wat ek al die kus besoek het kan ek op my hande tel. Ons het eenkeer as ‘n familie gaan kuier by mense in Hopefield. Op die toer het ons in Saldanha gestop en in die Weskus Nasionale park ‘n draai gaan ry. Dan het ek tweekeer aan die Kaapland Vlotvaart kompetisie in Velddrif deelgeneem. Dit bestaan uit ‘n middag van vlotte bou en dan ‘n oggend se geswoeg op die bergrivier. My onlangste besoek aan die kus was ‘n vriendin se 21ste-verjaarsdagpartytjie. Ons het een aand in ‘n tipiese Weskus-strandhuisie geslaap. Die mure was wit en daar het oral strandskatte soos groot, ou perlemoenskulpe en mosselskulpe wat al verdof het, rondgestaan as versierings. Die boekrak was vol boeke oor die area se natuurlewe en ou hardebandboeke. En dit is die somtotaal van my besoeke.
Ek het egter deur tydskrifte, resepteboeke en boeke die kus al verskeie kere besoek. Ek dagdroom van die Namakwaland-daisies. Ek praat saam as mense gesels oor die water se yskoue temperature. Ek sien in my geestesoog hoe ek kreef na kreef vang, mossels tydens laagwater gaan oes en die heerlikste see-ete voorsit op ‘n lang stoep met ‘n see-uitsig. Die son besig oom stadig die horison te nader. Die oopgestrekte leë veld met die karige bossies wat jou wit, kalkhuisie omring. Dit vorm als deel van my Weskuslugkasteel waaraan ek bou.

Mý vallei van verlange

Vanoggend sit ek in ‘n ontvangslokaal en wag vir ‘n afspraak. Soos my generasie se norm luister ek na musiek met my oorfone. Toevallig luister ek vandag na RSG toe ek een van die aangenaamste leesstukke hoor wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Dit is ‘n voorlesing van Vallei van Verlangegeskryf en voorgelees deur  Chris Barnard.

In die stuk praat hy van die plek waar hy groot geword het en hoe dit verander het. Hy skryf van “ná 50 jaar nog dieselfde watervoor, maar nie meer dieselfde water nie.”
Toe ek dit hoor duik herinneringe van my laerskooldae op. Ons huis wat skuins oor die skool was. Hoe ek op snikhete warm dae van skadukol tot skadukol huis toe gehardloop het, omdat ek verkies het om kaalvoet skool toe te gaan. Ek onthou hoe ek my tas in my kamer neergegooi het en my baaikostuum aangetrek het. Dan het ek en my sussies die middag gaan omswem. My ma het altyd daar langs die swembad vir ons waatlemoensstukke gebring of sulke gesnyde worsies, komkommer, tamaties en kaasblokkies.
In die winter onthou ek weer hoe ek soggens my sweetpak voor die koolstoof in die gang warm gemaak het. Die rugbyveld het altyd as ek skool toe gestap het so onvriendelik en vaal gelyk in die Transvaalse winter. Die bome wat soos geraamtes teen die blou hemel pronk. Die droë koue wat sommige oggende ‘n lagie ryp oor grasperke laat. Die wasems as jy uitasem. In die middae het ek gedurig in die laaste sonstrale op my bed gelê en lees. Frits Deelman, Harry Potter, en die Hardy Boys was gedurig my getroue geselskap.

Dit is nou al meer as sewe jaar vandat ons getrek het. Ons gaan gewoonlik in Junie-vakansies kuier. Ons huis staan nog waar hy altyd was. Die heining en die tuin is anders, meer getem, meer konvensioneel. Die roosbedding is nou ‘n grasperk, onvriendelik en vaal as ons daar verbyry. Die skool lyk vir die meeste parte nog dieselfde, dis net die kinders wat verander het. Meeste van ons huisvriende bly nog waar hule gebly het. Hulle huise lyk ook maar dieselfde. Dit is ook net die kinders wat anders is. Hulle is nou almal op hoërskool of universiteit. Selfs die ouers voel nog vir my dieselfde. Dieselfde stories en musiek. Dieselfde roetines van “ons gaan nou braai” en dan word die vuur eers aangesteek. Dieselfde gesprekke tydens ete. Al wat verander het is hoelaat ons na die etes loop en die hoeveelheid bottels wat na die tyd leegstaan.

As ek deur die strate ry dan doem daar herinneringe op, so asof hulle aan die geboue kleef soos lakens aan ‘n wasgoeddraad met ‘n wind wat dreig-dreig om hulle weg te waai. Die huis waar Tannie Elbie met die mooi tuin gewoon het. Die vriendin by wie se huis ek nog die lekkerste popgespeel het. Die kerkbasaar waar daar meer as vyf tipes potjiekos was. Die dramajuffrou se huis waar ek geleer gedig opsê het. Die fliek waar ons altyd gaan fliek het. Die tuin waar ek en my vriendin in die moeilikheid gekom het omdat ons ‘n vuur vir ons vyesop wou maak.

Pretoria is beslis een van my valleie van verlange. Die goue waas van kindwees is beslis oor dit gesluier. Dit is dieselfde grasperke maar nie dieselfde gras nie. Dis dieselfde strate maar dis nie meer mý strate nie.

My laaste-eerste-dag as ‘n voorgraadsestudent by UCT (hopelik)

Vandag begin klasse by UCT. Eerstejaars gaan verward rondskarrel met persoonlike beloftes dat hulle elke klas gaan bywoon. Vriende wat mekaar maande laas gesien het gaan als in ‘n paar minute probeer opvang. Vrae soos “wat het jy Desember gemaak?” en “vang jy nie graad aan die einde van die jaaar nie?” gaan gedurig in gesprekke opduik.

Ek is nou in my finale jaar en ek wonder of ons anders behandel gaan word. Aangesien ons almal nou vakke het op derdejaarsvlak, waarmee jy dus major, gaan hulle belangstel in ons keuse om honneurs te doen of nie? Gaan die klasse meer intiem wees want ons is minder as dertig studente? Gaan die werk meer teoreties of meer prakties toepasbaar word?

Dis die seisoen van handboeke soek en penne aankoop. Almal se parkeringskywe is nog netjies vasgeplak en almal se gees loop nog hoog. Ek hoop ek sal díe tyd kan onthou. As dit nog somer op kampus is en die berg omring is deur ‘n wolklose see van blou. Die spikkelskadu wat oor my gesig speel soos wat ek met Japonika-laan opstap. Die Summerhouse wat triomfantlik in sig kom, reguit gelyn met die piek van die berg.Die effe waserigheid wat in die lug hang as gevolg van die vure wat altyd die tyd van die jaar in die provinsie woed.

Ek het vandag ‘n gevoel van tevredenheid in my siel. Die take het nog nie begin inrol nie. Die winter het nog nie begin byt nie. Dis nie te warm nie en alles lyk goed. Ja, die toekoms lyk goed.

Mengelmoes van gebeure

Die afgelope maand was dol gewees. Ek het ‘n  week lank saam met ‘n internasionale student van Duitsland en ‘n reisende universiteitsstudent van Chile rondegereis, nog ‘n naweek saam met die Duitser en twee van my huismaats weggebreek, verskeie oriënteringsweek aktiwiteite vir my kerk gereël en dinge in orde probeer kry vir die begin van klasse.
Tussendeur het ek begin om ‘n Engelse ou in graad tien vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal te tutor, en dit gebruik as ‘n verskoning om Die Pro van Leon de Villiers te lees. Ek het ook Sweef en Ander Verhale (sy voorgeskreweboek) deurgelees en my verlekker vir Afrikaans.
Ek het ook ons digs (‘n tipe van kommune) se kruietuin probeer regruk. Ek het ingeskryf vir ‘n reisjoernalistiekkompetisie (Tasting the road for the first time) en ek het besluit dat ek volgende jaar oorsee wil gaan werk vir ‘n jaar (of twee).
Ek het twee keer gaan snorkel en besluit om by UCT se onderwaterklub aan te sluit en om my Open Water duikkwalifikasie te kry. Nadat ek laasjaar, in Sodwana, Coral Divers se Resort Course gedoen het, het die idee van onderwaterargeologie, en duik in die algemeen, my al hoe meer begin interesseer. Tydens my snorkelsessies het ek ook mossels uitgehaal en twee verskillende resepte geleer om dit in te gebruik.
Ek het my eerste spoedboete ontvang en besluit dis nie die moeite werd om te jaag nie. Te danke hieraan het ek besef ek weet niks van motorwedrenjaery nie, toe my pa my met meer as vyf verskillende jaers vergelyk het en ek geen idee gehad het van wie hy praat nie.
Ek het my eerste First Thursdays in maande bygewoon en my liefde vir Kaapstad weer laat opvlam. Ek het kuns by die US Woordfees gaan besigtig en gesien hoe iemand tuimeldroeërwolletjies gebruik om beeldskone kuns te maak. Ek het my liefde vir Afrikaanse poësie herontdek in Stellebosch se botaniese tuin met DJ Opperman se gedig, Te klip om te boom ,  en Elizabeth Eybers se gedig, Verhaal.
Ek het ‘n volstruiseierkraaletjie gevind in die argeologies materiaal wat ek in die argeologie departement sorteer. Ek het ook uitgevind dat ek 10 kursusse hierdie jaar sal moet doen om graad te vang aan die einde (waar die gewone derdejaarstudent net 6  het). Twee van hierdie kursusse gaan vereis dat ek fisiese veldwerk gaan moet doen wat redelik opwindend is maar ook baie veeleisend.

Ek het dit ook gemis om te blog en sal probeer om meer getrou te skryf in die komende maand.

Semester Abroad #1

This blog is about my semester abroad.

So, during 2016, in my second year at UCT, I did a semester abroad at the University of North Carolina Greensboro, in the USA. This is a very brief blog post about a couple of tips that I have to offer. I will probably have more posts about my experiences and advice that I can offer.

  1. Plan your excursions and make a list of what you want to do.
    When I went over, I had done very little planning and research on places to go. I would suggest that you have a clear idea of what you want to do while you are there. One of my friends had a “The Carolinas” guidebook with which we planned several adventures. Thorough research beforehand makes it easier to plan your exploration as soon as you have received your term dates. By planning in advance you will be able to avoid wasting precious time. With this I am not trying to say that you have to be out and about every weekend but rather that you will be able to achieve more and see more.
  2. Try to get a part-time job.
    During my semester I was fortunate enough to be offered a part-time job on campus. This is something that I would definitely recommend, especially coming from a country where our currency isn’t very strong. The job’s income allowed me to do some travelling as well as buy myself some very necessary (lifetime investment) items like a pair of Docs (for the terribly cold northern winter) and a suitcase set (for the feature travels). This job also took up some of the time that I would have spent procrastinating but instead spent learning new skills and actually being productive.
  3. Make friends and talk to people.
    I was fortunate enough to be placed in the international residence with two other international students as roommates. Through them and some university organised events, I got to know loads of the other internationals as well. I found that, because they realise that they are only there for a while, the internationals are a bit more adventurous. However, I did meet loads of local students who were super nice and very eager to show me around and introduce me to the culture. During my semester I met so many people with whom I hope to stay in contact with for a large part of the future.

Sondag melankolie

Ek is seker meeste van julle is bekend met die Sondag-middaggevoel. Die besef dat ‘n heerlike, rustige naweek (of besige naweek) verby is en dat ‘n hele besigheidsweek voorlê.

Ek onthou as kind was dit altyd ‘n mismoedige gevoel want dan moes ons ‘n middagslapie neem. Ek het dikwels by my kamervenster uitgeklim en in die tuin gaan speel. As dit voel asof die ouers gaan begin ontwaak, het ek teruggeklim en gemaak of ek slaap. Ek sou met oordrewe strekbewegings uit my kamer kom en sê dat dit nou ‘n heerlike middagslapie was (nes al die grootmense).
Nou dat ek terugdink is ek reddelik seker dat hulle bewus was van my truuks.

Deesdae is dit amper ‘n rustelose gevoel. Een waar ek dikwels voel dat ek nie veel uitgerig gekry het nie of dat ek nie rerig uitgerus het nie. Daars gewoonlik ‘n gejaagdheid om die finale paragrawe te tik vir opstelle wat die week ingehandig moet word. Dis ‘n geskarrel om seker te maak ek het genoeg klere vir die week of ‘n gejaagde sortering van vuil klere wat Maandag oggend in die wasmasjien gestop word en dan êrens die middag, na klasse, opgehang word. Dis egter baie lekker as ek net ‘n rustige Sondag het. Een waar ek wakker word, kerk toe gaan en dan rustig middagete nuttig saam met ‘n paar vriende. Of as ek vir ‘n naweek by my ouerhuis was en ons na kerk ‘n hoender in die oond druk en tamatiebroodjies maak.
Sulke Sondae het ek baie tyd om te dink. Letterlik die  lang pad van die Overberg na die Moederstad. Dan dink ek aan die week wat voorlê en die week wat verby is. Ek dink aan hoe die pad elke keer anders lyk as gevolg van die seisoenale veranderinge. Ek dink aan aandete. En ek dink aan die Sondagmiddag verkeer. Dan sink die melankolie in. Dan draai ek die radio harder en dan, dan verbeel ek myself dat ek later, as die grootmense ‘n middagslapie neem, in die tuin gaan gaan speel.

Goals for the year

The other day we were talking about New Years resolutions and my dad mentioned an article that he read that said that you should write down your goals for the year. My mom, who is a visual person, said that seeing it quite often could possibly motivate and remind you to do it.

So I have decided to make a list and to try and follow it.

1. Do things that scare you.
With this, I am not planning to go wandering around alone at night. I mean to take on more responsibility. I want to make a commitment to this blog. I want to do things I would have normally said no to. I want to leave my comfort zone.

2. Go on adventures
Last year I did a semester abroad in Greensboro, North Carolina, USA. Being a tourist living with a bunch of other international students we took all the opportunities to go travel. I thoroughly enjoyed this and it made me want to be a tourist in Cape Town as well. Sometimes we get so used to the utter banality of the everyday that we stop exploring. I want to break that cycle and do things that I haven’t done before.

3. Take photos
I recently acquired a decent camera and I have decided to document more things this year. I, however, don’t want the camera and the photos to stop me from being part of the moment. What does it help if you have photos of memories where you weren’t even present?

4. Learn new recipes
I love cooking and baking. It is one of my favourite ways to pass the time. In our digs (a type of student house) we take turns to prepare dinner for the rest of the house. If I try a new recipe at least every second week it means that I will learn to prepare at least 15 new recipes.

This is how many things I have thought of so far.I hope to stick to them.