Middernag musings II

Dis net na twaalf. Vanaand lê ek in ‘n AirBnB in North York, Toronto en luister na Bittermaan van Spoegwolf. Die lugverwarmer blaas hard, en daar is geen reën wat teen die venster val nie. Dis wel volmaan. Het julle die maan gesien. Ek weet nie of julle nog in Stellenbosch is nie of waar julle is nie, maar ek dink dis ongelooflik.

Ek wag nou al ‘n paar dae lank vir my paspoort. Dit behoort hopelik môre hier aan te kom (die hoop beskaam nie), en dan kan ek dalk al Vrydag terug vlieg. Soos, don’t get me wrong, dis lekker om nuwe plekke te verken, maar dis ‘n vreemde en ongemakkelike gevoel om nie op die plek te wees waar jy jou verpligtinge moet nakom nie.

Vandag was ek by die Royal Ontario Museum (ROM) en na dit het ek so bietjie rondgewandel in Downtown Toronto. Die groot blink geboue wat strek-strek na die hemel die sonlig steel en almal in skadu dompel is ‘n vreemde teenstelling vir Pretoria, met sy breë strate en middelmatig hoë geboue. Die area wat ek nou in huur hier in Toronto is ook bekend as Korea-town en elke tweede restaurant het ramen of sushi.

Die ROM was baie indrukwekkend. Ek het al vergeet hoe mal ek is oor ‘n museum. Vandag s’n het verskeie afdelings gehad. Dit was hoofsaaklik antropologies en argeologies wat die menslike aspek betref, en dan paleontologie en minerale, asook ‘n natuurafedeling.

In die natuurafdeling het hulle ‘n vlêrmuisgrot nagemaak. Dit het my herinner aan die keer wat ons gesin saam met vriende in ‘n guano-myn-grot met vlêrmuise gaan stap het. Dit was ongelooflik en uiters vreesaanjaend.

Maar dis eers dit vir vanaand. Fingers crossed dat my paspoort môre aanland sodat ek by die huis kan wees vir Paasfees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s