Studentelewe

Nog ‘n kampus, nog ‘n graad, nog ‘n handboek wat effe te duur is, nog ‘n biertjie by ‘n swak verligte restaurant.
Hier is ek weer, omring deur ‘n wêreld van jeug wat hulle voete probeer vind, akademici met hulle nisnavorsing, ubergestresde Meesters- en PhD-studente, mense wat reeds die grootmens wêreld betree het maar besluit het hulle wil eers nog swot. Die samekoms van mense uit verskeie agtergronde, met soveel verskillende belangstellings. Net in my klas van taalfoendies is daar ‘n verskeidenheid mense soos ‘n semi-profesionele fietsryer, ‘n aspirant skrywer, ‘n redigeerder, ‘n Engelse juffrou uit Kenia en ‘n meisie van die Vrystaat-platteland wat Franse-klasse aanbied.
Ek voel sommer weer tuis. Moenie my misverstaan nie, laas jaar se domestic bliss was ‘n welkome verfrissing, maar ek het die gesprekke oor nuwe navorsing, die invloed van ‘n kat se omgewing op sy klankproduskie, die laataand kuier en gesels oor eksentriese lektore.
Die gehaas om betyds by lesings te wees, en die gewag buite ‘n lesingslokaal. Ek moet bieg, dis effens vreemd om aandklasse te hê. Dit laat my egter toe om in die dag deeltyds te werk. Dis ook ‘n nuwe ervaring. Ek werk as ‘n tipe van sekretaresse by ‘n navorsings vereniging en my dag sluit hoofsaaklik eposse antwoord in.

Dis tot ‘n mate my eerste betrekking tot die grootmenswêreld van belasting, huissoek, werksvergaderings en na-ure iemand kry vir ‘n drink, maar ek is nogsteeds omring deur die nepvryheid van studentelewe (ek sê nep want blykbaar is Hons die jaar waar skouer-aan-die-wiel nie net ‘n term is tydens toetsweek nie). Maar op die oomblik, tussen die dolle gejaag van klaskamers soek en my uitgesette werksure te volg, is daar nog heel veel tyd om Pretoria en Johannesburg te verken en ou kennisse op te spoor.
Dis ook lieflik om weer die anonimiteit van ‘n stadslewe te ervaar (alhoewel ek laasjaar in ‘n area was wat ek verskriklik min mense geken het, was daar ook min mense om te ken a.g.v. die plattelandse aard van die area).
Ek het so paar weke terug na die Boeremark in Silverton gegaan, en oudergewoonte het ek nie rerig mense se gesigte waargeneem nie. As ek vir gewoond raak aan min bekendes, kyk ek nie rond vir bekendes nie. En toe wragtiewaar, loop ek van alle mense ‘n Bredasdorper raak. Tannie Saartjie wat by haar sussie kom kuier het. Ek meen, wat is die kans? Die wêreld is so klein.

Maar dis eers dit vir nou. Eposse wag vir my.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s