Sondag-dagboek

Dis skaars ses-uur maar wel donker as ek by die fliek uitkom. Ek trek eerste my trui aan, mussie op, dan wikkel ek my serp styf om my nek, volgende kom my verebaadjie aan en dan nog my dik handskoene. Ek is nou reg om die uiterste koel nagtemperature van Winterswijk aan te durf.Ek stap uit by die deur en steek die geplaveide straat oor. Die kerktoring seligte brand, en al die winkelstrate is al met kersligte versier. GelatariaTalamini, die beste roomyswinkel in die distrik, is nog oop en ek oorweeg om vir ‘n roomys te stop. Dit herinner my aan fliek by Brooklyn mall, saam met my ouers. Ons het altyd by Royal Danish in die winkelsentrum gaan roomyse koop na ‘n fliek. Alhoewel die verligte en verhitte binnekant verleidelik lyk, besluit ek daarteen want ek wil nie te laat tuiskom nie, en die 5 km fietsry lê nog voor. 

Ek ontsluit my fietsslot en begin rustig terugry. Ek luister na my Party! NU-playlist. Die winkels verander in tipiese plattelandse, Nederlandse huise,en die verander weer in die semi-oopte van plase wat die dorp omring. Diesandpad lê uitgestrek voor my.’n Miswolk het intussen oor die area ingeskuif, en alles lyk effens spookagtig. Die nag vou dig om my in, en die uitgestrekte eensaamheid lê  swaar in my gedagtes. Vir ‘n paar minute is dit net ek in hierdie wêreld. Die enigste tekens wat moontlik kan getuig van ander lewensvorme is die ligte wat wasig op die horison skitter.Dit was rondom volmaan, maar die wolklaag was te dik, en daar was geen teken van enige hemelliggame nie. Die bome langs die pad deins verby, soosherinneringe as jy deur ‘n ou tuisdorp ry. Hulle almal staan quasi-naak.

Ek is nou amper tuis. Die ligte van die restaurant op die kampterrein dien altyd as my nagtelike baken as ek snags huis toe moet fietsry. Ek vind die refleksie in die water so gesellig, en dit herinner my aan die verhitte huis waarna ek fiets.Ek onthou nog hoe, vroeër die jaar, toe die ‘Beast from the East’-kouefront ons oorweldig het, ek ook een aand snags huis toe moes fietsry. Die rivier wat langs die kampterrein loop, was gevries, en van die omgewing se boere het selfs daarop geskaats. Ek het net na middernag tuisgekom. Die huis was leeg want die gesin was weg vir die naweek. Ek het ingestrompel en my klere lae begin afstroop. Handskoene, serp, baadjie, trui, buff, thermo-top, totdat ek net ‘n strappie-top en my denims oor gehad het. Ek het ‘n warm koppie tee gemaak, en salig op die verhitte kombuisvloer neergesak. Vanaand toe ek tuiskom, wag daar aandete op my, want die gesin is tuis. Die tweeling is reeds in die bed (uiters uitgeput na die bedrywige naweek) en ek dink ons gaan almal redelik vroeg inkeer. Vanaand se ete is hutspot (basies is dit wortel-mash met uie en spek) en vis. Die tradisionele Nederlandse-disse het nogals baie bestanddele in wat fynsgestamp moet word. Ek dink maar byvoorbeeld aan stamppot, bitterballen, krokette, gehaktballe en hulle geliefde ertwensoep.

Die Ma sit nog aan tafel toe ek begin eet. Die gesprek handel hoofsaaklik oor die afgelope naweek. Dit was die kampterrein se 50ste herdenking en almal wat daar werk, het saam gaan kamp. Ons het in Zeeland by ‘n ander kampterrein gebly. Ek het dit heel interessant gevind om almal wat self in die bedryf sit, se opinies te hoor oor ‘n ander kampterrein. Die naweek het ek menigte gesprekke gehoor oor wynglasse, eetgerei, breekware, die versorging van skoon linne, ens. Ek het ook verskeie stories oor aardige kampeerders, vreemde dagbesoekers en selfs ontmoetinge met ander Suid-Afrikaners gehoor. As ek dit nie eerstehands gehoor het nie, sou ek heel moontlik gesukkel het om dit te glo. Maar, nou ja, mens kry vreemde individue.

Toe ek rondom agtuur bed toe gaan, is dit al pikdonker buite, en nogsteeds geen teken van die sterre nie. Die weervoorspelling vir die week lyk ook nie enigsins meer belowend nie. Winterswijk tydens die winter, blyk naamgetrou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s