Middernag musings

So, ek lê in die bed en dis over minute oor twaalf, in die middle van die nag. Ek lê nou al vir ‘n ruk hier, maar die slaap wil nie kom nie. So nou skryf ek maar.

Dis super mistig buite, en die straatligte gooi so dowwe kol lig. My potplante se swart silhouette afgeëts teen ‘n donkergrys agtergrond. Dis doodstil, net nou en dan klink die vervarmingsplaat se kreune op. My maag het ook nou begin grom.

Ons het vanaand salm geëet. Ek dink salm en kaas gaan twee van die dinge wees wat ek die meeste gaan mis. Like, don’t get me wrong, Suid-Afrika het goeie kase en salm, maar dis net meer bekostigbaar hierso.

Gepraat van kaas, ons het nou die aand kaasfondue geëet. Dis eintlik nogals belaglik as jy daaraan dink. ‘n Groot pot gesmelte kaas, wat jy met brandewyn of kirsch en nog ander wyn meng. Dis sooo baie kaas, maar dis kaasemrowend lekker (cheesy pun that couldn’t be avoided).

Ooh jaah, liefste leser, ek wou nog vertel van die mis. Die mis hier is anderste as die in die Overberg. Dis nie so dik nie. Die Overbergse mis druk jou amper in. As ek daardeur stap, dan vorm daar druppeltjies op my hare, amper soos ‘n waterkroon. Jou visie is dikwels beperk tot 1,5 meter. As jy Kaapstad toe ry in die mis op ‘n vroeë Maandag-oggend, dan kruip jy om die draaie. Voorwerpe doem op langs die kar en dan skielik is jy daaruit. Dis soos ‘n gordyn wat wegskuif en skielik is daar sonlig en ‘n blou hemel wat strek tot die berge.

Hopelik droom ek vanaand van die Overberg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s