Weskusdrome

Ek is mal oor die Weskus. Die pure gedagte daarvan maak my nostalgies vir iets wat ek nie rerig eerstehands ken nie.
Die hoeveelheid kere wat ek al die kus besoek het kan ek op my hande tel. Ons het eenkeer as ‘n familie gaan kuier by mense in Hopefield. Op die toer het ons in Saldanha gestop en in die Weskus Nasionale park ‘n draai gaan ry. Dan het ek tweekeer aan die Kaapland Vlotvaart kompetisie in Velddrif deelgeneem. Dit bestaan uit ‘n middag van vlotte bou en dan ‘n oggend se geswoeg op die bergrivier. My onlangste besoek aan die kus was ‘n vriendin se 21ste-verjaarsdagpartytjie. Ons het een aand in ‘n tipiese Weskus-strandhuisie geslaap. Die mure was wit en daar het oral strandskatte soos groot, ou perlemoenskulpe en mosselskulpe wat al verdof het, rondgestaan as versierings. Die boekrak was vol boeke oor die area se natuurlewe en ou hardebandboeke. En dit is die somtotaal van my besoeke.
Ek het egter deur tydskrifte, resepteboeke en boeke die kus al verskeie kere besoek. Ek dagdroom van die Namakwaland-daisies. Ek praat saam as mense gesels oor die water se yskoue temperature. Ek sien in my geestesoog hoe ek kreef na kreef vang, mossels tydens laagwater gaan oes en die heerlikste see-ete voorsit op ‘n lang stoep met ‘n see-uitsig. Die son besig oom stadig die horison te nader. Die oopgestrekte leë veld met die karige bossies wat jou wit, kalkhuisie omring. Dit vorm als deel van my Weskuslugkasteel waaraan ek bou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s